OVK bied e-stemkonferensie aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 10, 2025
- 1 min read
Vir Suid-Afrika om suksesvol elektronies te stem sal elke burger toegang tot die internet benodig. So sê die hoof uitvoerede bestuurder van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK), Sy Mamabolo, by die opening van die e-stemkonferensie in Kaapstad. Die OVK bied 'n driedaagse seminaar aan om die moontlikheid te bespreek dat Suid-Afrika ‘n elektroniese stemstelsel instel. Verskeie lande, insluitend Namibië en die Demokratiese Republiek van die Kongo, is ook by die konferensie teenwoordig en sal aan die OVK raad oor hul prosesse gee. Intussen het Mamabolo kommer oor landelike gebiede - wat steeds geen toegang tot digitale tegnologie het nie - uitgespreek.







Comments