Paaie in Bloem se middestad bly gesluit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die paaie rondom die gebou in die Bloemfonteinse middestad waar ’n brand Sondag uitgebreek het, is steeds gesluit.
My City berig die sluitings is by die kruising van St Andrews- en East Burgerstraat, asook Charlotte Maxeke- en Fichardtstraat.
Die paaie sal na verwagting eers Woensdag heropen, afhangend van die uitslag van ondersoeke na die beskadigde gebou in St Andrewsstraat.
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en versigtig in die gebied te wees.








Comments