Parlement is bekommerd oor vigilante-moorde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Sommige lede van die parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie het kommer uitgespreek oor die toename in vigilante-moorde in Suid-Afrika. Dit kom nadat ’n motoris na bewering ’n vermeende misdadiger doodgeskiet het wat verbind word met ‘n diefstal uit ‘n voertuig in die Wes-Kaap.
Die voorval is op video vasgelê en het viraal gegaan op sosiale media.
Die komitee se Dereleen James waarsku dat dit ’n norm word vir gemeenskappe om geweld te gebruik en sake in eie hande te neem. Sy sê stadige polisie-reaksietye en ’n gebrek aan die opvolg van sake kan die toename in vigilante-moorde aanvuur.








Comments