Parlement oorweeg veranderinge aan huwelikswette
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 27
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake wil alle huwelikswette in Suid-Afrika onder een wet verenig. Die Parlement sê in ’n mediaverklaring dat huwelikswette hierdie week bespreek word. Een van die grootste veranderinge ’n voorstel is om die minimum huweliksouderdom op 18 vas te stel vir beide geslagte. Sommige meen 18 is steeds te jonk, aangesien jongmense dan nog op skool is en finansieel afhanklik bly. Sommige het voorgestel dat die ouderdom na 21 verhoog moet word. Die wetsontwerp wil ook dieselfde-geslag-huwelike ten volle in die wet insluit, maar dit wek weerstand uit godsdienstige kringe. Daar was ook bekommernis oor vals-huwelike, waar mense sonder hul toestemming getroud is. Openbare verhore is reeds in sommige provinsies gehou, en verdere konsultasies volg. Die komitee sal alle insette oorweeg voordat die wetsontwerp vir debat gefinaliseer word.





Comments