Passasiers is tydens ‘n busroof doodgeskiet
- Nadia Pieters
- Oct 10
- 1 min read
Gewapende rowers het twee passasiers op ‘n bus naby die NylPlaza-tolhek doodgeskiet.
Maroela Media berig die gewapende mans het glo agter in die bus gesit, toe hulle skielik die vuurwapens uitgepluk en op passasiers gerig het.
‘n Man het glo probeer om die vuurwapen by een van die rowers af te neem.
Tydens die worsteling het die rowers verskeie skote indie bus afgevuur waartydens twee passasiers doodgeskiet is.
Die aanvallers het die ander passasiers van onder meer kontant en selfone beroof, voordat ‘n voertuig agter die bus stilgehou het, waarna die rowers daarin gespring en weggejaag het.
Die bus was van Randfontein aan die Wes-Rand onderweg na Zimbabwe.

Comments