Pemmy Majodina vra om verskoning vir haar gevloek

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het om verskoning gevra omdat sy verlede week tydens ’n gemeenskapsvergadering in die Kouga Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap teenoor lede van die publiek gevloek het.
Majodina sê sy het gereageer nadat sy tydens haar besoek op 9 September aan vloektaal blootgestel is. Sy het die besoek afgelê om die opgegradeerde Loerie-rioolpompstasie bekend te stel.
Sy sê sy aanvaar volle verantwoordelikheid vir haar optrede en het ’n beroep op wedersydse respek tydens moeilike gesprekke gedoen.
Majodina sê openbare verteenwoordigers moet kalm bly en daartoe verbind wees om na gemeenskappe te luister, aanspreeklikheid te toon en Suid-Afrikaners met nederigheid te dien.








Comments