Petrolpryse kan in Desember met meer as R2 daal

Nov 13
1 min read
Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember die grootste petrolprysverlaging van die jaar verwag.
Die Sentrale Energiefonds se jongste data toon ’n oorverhaling van R2.86 per liter vir 93-oktaanpetrol en R3.12 vir 95-oktaanpetrol.
Selfs ná die beplande verhoging van 50c in die brandstofheffing, kan petrolpryse met tussen R2.30 en R2.60 per liter daal.
Dieselgebruikers kan egter prysstygings verwag, aangesien die oorverhaling steeds laer is as die belastingaanpassing van R1.50.
Die vooruitskattings is op data van middel November en kan dalk nog verander.










Comments