Phala Phala: ‘n Nuwe dissiplinêre proses word gevra

ActionSA het dokumente by die Gautengse Hooggeregshof ingedien teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en hom daarvan beskuldig dat hy lede van die Presidensiële Beskermingsdiens (PPS) beskerm.
Die regsaksie volg op die party se pogings om rekords te bekom van die dissiplinêre verhore van twee PPS-lede, onder wie generaal Wally Rhoode. Die beamptes is onskuldig bevind aan enige oortreding in verband met die Phala Phala-saak.
ActionSA wil dié besluit betwis en die polisie dwing om geloofwaardige dissiplinêre verrigtinge teen die twee beamptes te hou.
Die party sê hy is vol vertroue dat die hof sal bevind dat die dissiplinêre proses die Grondwet en die Wet op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat oortree het.









Comments