Phala Phala: Verslagouteurs hoef nie te getuig nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 29
- 1 min read
Die parlement se afsettingskomitee het sy besluit teruggetrek om die outeurs van die 2022 Phala Phala-verslag te roep om te getuig.
Die stap volg op regsadvies dat dit die onderskeid tussen die onafhanklike paneel se rol en dié van die komitee sal vervaag, en kan bots met ‘n hofbevel wat openbare verhore staak.
Die besluit is met 16 stemme teen agt goedgekeur, hoewel die ANC die stap teengestaan het en gesê het dat hulle hul eie regsmening sal inwin.








Comments