Polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen vyf vroue se dood

Sep 14
1 min read
Die polisie ondersoek of daar ’n verband is tussen die sterftes van vyf vroue wie se liggame sedert Julie in Kempton Park en omliggende gebiede gevind is.
Volgens IOL sê die polisie dit is egter nog te vroeg om te sê die sterftes is die werk van ’n reeksmoordenaar.
Die vyfde liggaam is Maandagoggend in Olifantsfontein gevind.
Die eerste vrou is op 15 Julie naby die R21 gevind, waarna nog drie liggame op 24 Augustus, 10 en 12 September ontdek is.
Die polisie sê daar is sekere ooreenkomste in die wyse waarop van die slagoffers gevind is, maar kenners moet nog bepaal of daar ’n verband is.
’n Verdagte is reeds in hegtenis geneem in verband met die eerste saak, terwyl ondersoeke na die ander sake voortduur.








Comments