Polisie verhoog hul teenwoordigheid in Kempton Park

Sep 15
1 min read
Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê die polisie sal hul teenwoordigheid in Kempton Park, Gauteng, verhoog.
Mosikili het die media toegespreek ná die ontdekking van die liggame van vyf vroue in die gebied die afgelope maande. Twee van die vroue is nog nie geïdentifiseer nie.
Sy sê die polisie het kragte met die Ekurhuleni-metropolisie saamgespan om sigbaarheid te verhoog en hul operasionele reaksie te versterk.
LUISTER HIER:
Tebello Mosikili








Comments