top of page

Politieke partye verskil oor die betekenis van 16 Desember

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 17, 2025
  • 1 min read

Politieke partye in die land het verskillende sienings oor die betekenis van Versoeningsdag.


Volgens die EFF is Versoeningsdag betekenisloos terwyl daar nie geregtigheid in die land is nie. Die party se leier, Julius Malema, sê dit is onaanvaarbaar dat begunstigdes van apartheid voortgaan om bates en eiendom te behou.


Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê versoening beteken nie dat Suid-Afrikaners van die verlede moet vergeet nie, maar dat dit ook tyd is om aan ʼn toekoms te bou waar elke Suid-Afrikaner deel in die belofte van demokrasie.


Die leier van die VF-plus, Corné Mulder, sê die meeste mense in die land soek in werkliheid net vrede, veiligheid en ʼn toekoms vir hulle kinders.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page