Duisende kom byeen vir Geloftefeesvieringe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 17, 2025
- 1 min read
Die 187ste herdenking van die Gelofte by die Voortrekkermonument in Pretoria is deur 'n geskatte 40 000 mense bygewoon.
Maroela Media berig die Gelofte is in 25 lande gevier, waaronder Australië, Duitsland, Engeland, Nederland, die Verenigde State van Amerika, Japan, Kanada, die Verenigde Arabiese Emirate en selfs Antarktika. Dit is ook regstreeks na Londen gestroom.
Wat vanjaar besonder opvallend is, is dat die viering by die Monument nie net ’n gedenkdiens was nie, maar ook ’n groot familiefees. Die besturende direkteur van die FAK en die Voortrekkermonument, Danie Langner, sê die terrein het van vroegoggend af geleef van gesinne wat saamkuier. Hy sê daar is ’n sterk toename in gesinne met jong kinders wat die verrigtinge bywoon.
Organiseerders sê Geloftefees bly ’n kerngeleentheid waartydens geloof, geskiedenis en gemeenskapswaardes oor geslagte heen bevestig en oorgedra word.







Comments