Ramaphosa belowe die volle mag van die reg teen polisiemoordenaars

Sep 7
1 min read
President Cyril Ramaphosa sê diegene wat polisiebeamptes aanval, val die integriteit van die staat en die oppergesag van die reg aan.
Ramaphosa het hulde gebring aan 12 polisielede wat die afgelope boekjaar tydens die uitvoering van hul pligte oorlede is.
Hul name sal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Gedenkmuur by die Uniegebou gevoeg word.
Ramaphosa sê diegene wat polisielede vermoor, moet weet dat hulle die volle mag van die reg in die gesig sal staar.
Hy waarsku dat daar geen veilige hawe sal wees vir enigiemand wat polisielede in die land teiken nie.
LUISTER HIER:
260907nCyril-Ramaphosa_attacks








Comments