top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa is vol vertroue dat die ANC die plaaslike verkiesing sal wen

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê hy is vol vertroue dat die party vanjaar se plaaslike verkiesing sal wen.


Ramaphosa het die ANC se plaaslike verkiesingsmanifes voor die verkiesing op 4 November bekendgestel.


Hy erken die party se tekortkominge en mislukkings, maar sê die ANC het etlike maande lank na gemeenskappe se bekommernisse regoor Suid-Afrika geluister.


Hy het aan ondersteuners gesê ANC-burgemeesters en raadslede sal onmiddellik ná die verkiesing begin werk indien die party aan bewind gestem word.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media
Cyril Ramaphosa. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page