top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa moedig politieke partye aan om saam te werk

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die werk om die mense te dien moet nou begin.


Hy het in 'n mediaverklaring nadat die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae bekend gemaak is, gesê in munisipaliteite waar geen politieke party ’n volstrekte meerderheid behaal het nie, die verkose verteenwoordigers gemeenskaplike grond sal moet vind. Hy sê dit is nie ’n swakheid van demokrasie nie, maar 'n weerspieëling van die keuses wat die mense gemaak het.


Die kiesers het hul verteenwoordigers die verantwoordelikheid gegee om saam te werk, selfs waar hulle van mekaar verskil.


Hy moedig politieke partye aan om hierdie verantwoordelikheid met volwassenheid, nederigheid en ’n opregte verbintenis tot die openbare belang te benader.


Onderhandelinge oor die vorming van munisipale regerings moenie ontaard in ’n stryd om poste, voorregte of die verdeling van mag nie, maar dit moet gerig word deur wat die mense die beste sal dien.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia

 
 
 

Comments


bottom of page