top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa se VSA-besoek is oor KI, en nie gespanne verhoudings nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13
1 min read

President Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA volgende week sal uitsluitlik op kunsmatige intelligensie (KI) fokus en het niks met die land se gespanne verhouding met Washington te doen nie.


Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa reis nie na Washington nie, maar sal slegs Kalifornië se Silicon Valley besoek, waar hy ’n afvaardiging sal lei om KI en digitale innovasie te bespreek.


EWN berig Magwenya sê Ramaphosa sal egter uit hoflikheid na president Donald Trump uitreik om hom oor sy besoek aan die land se weskus in te lig.


Ramaphosa se besoek aan die VSA volg enkele weke nadat die Trump-administrasie sy voorneme aangekondig het om Suid-Afrika van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) uit te sluit.


Ramaphosa sal deur ’n hoëvlakafvaardiging vergesel word, wat onder meer die ministers van Finansies, Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheidsmededinging, asook Kommunikasie en Digitale Tegnologieë insluit.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia

 
 
 

Comments


bottom of page