Ramaphosa sê die ANC kan nie soos 'n mafia bestuur word nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 17
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het lede binne die ANC uitgedaag om vir hom ʼn datum te verskaf waarop hy moet bedank.
Dit volg ná gerugte die ronde gedoen het dat hy direk ná die G20-beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, as president gaan bedank.
Hy het aan lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee gesê diegene wat teen hom is, moet hom direk nader en ophou om, soos hy dit beskryf, in hoekies te fluister. Die NUK het die naweek in Germiston vergader.
Ramaphosa sê die party kan nie soos ʼn mafia bestuur word nie.




Comments