top of page

‘Ramaphosa gaan nog nie bedank nie’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sal nie ná die G20-leiersberaad later vandeesmaand uit sy posisie tree nie.


Die president se spesiale gesant na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Bejani Chauke, het Woensdag op die sosiale mediaplatform X gerugte oor Ramaphosa se bedanking van die hand gewys, en dit ontstellend en ongegrond genoem.


Hy beweer dat die gerugte daarop gemik is om die suksesvolle opbou van die eerste G20-beraad ooit op die vasteland in die gedrang te bring.


Intussen berig IOL dat Amerikaanse president Donald Trump Suid-Afrika afgekraak het deur te sê die land hoort nie onder die 20 lande van die G20-beraad nie.


Hy sê die land beweeg "in die verkeerde rigting" en dat binnelandse en buitelandse beleide die land se posisie tussen groot ekonomieë ondermyn.


Trump het bevestig dat hy nie die beraad sal bywoon nie, maar dat vise-president JD Vance in sy plek kom.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page