Ramaphosa sê die polisie tree strenger op teen georganiseerde misdaad
- Saamgestel deur Jana Roos

- 55m
- 1 min read
Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die polisie werk steeds saam met ander wetstoepassingsagentskappe om georganiseerde misdaadsindikate te ontmantel en finansiële en geweldsmisdade te bestry.
Ramaphosa het Maandag aan die begin van die party se vyfde Nasionale Algemene Raad in Johannesburg gepraat.
Hy sê misdaad en geweld eis steeds ‘n tol op ons samelewing. Ramaphosa sê inisiatiewe soos Operasie Shanela het groot suksesse gelewer.



Comments