Ramaphosa sê G20-beraad sal voortgaan sonder Trump
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 28
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê die G20-beraad sal voortgaan volgende maand, of die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan bywoon of nie.
Ramaphosa het die opmerkings Maandag in Maleisië gemaak.
Trump het reeds in September aangekondig dat hy nie die leiersberaad op 22 en 23 November sal bywoon nie. Die visepresident, JD Vance, sal wel die beraad bywoon.
Ramaphosa sê hy hoop dat Trump se afwesigheid nie die sukses van die beraad en die gesamentlike deklerasie wat daartydens aanvaar moet word, sal beïnvloed nie.
Intussen berig Daily Maverick dat Trump reeds gesê het hy sal 2026 se G20-beraad by sy gholfbaan in Miami aanbied, en daartydens fokus op 'n ekonomiese en energie-agenda waarmee alle leiers kan saam stem.




Comments