top of page

Suid-Afrika se G20-presidentskap is belangrik

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 27
  • 1 min read

Die komende G20 beraad is belangrik aangesien Suid-Afrika die eerste Afrika-land is wat die G20-leiersberaad aanbied. So sê die vakbond Solidariteit.


Dit is ’n historiese geleentheid om die kontinent se invloed in globale besluite te versterk en internasionale vertroue en belegging te bevorder.


Die vakbond waarsku egter dat die voorsitterskap ook die land se politieke en beleidsuitdagings, insluitend wanbestuur en gespanne bilaterale verhoudings, in die kollig plaas.


President Cyril Ramaphosa se tema fokus op solidariteit, gelykheid en volhoubare ontwikkeling.


Afrika-kwessies soos ongelykheid, armoede en infrastruktuur sal op die agenda wees, terwyl hervorming van Westerse-gedomineerde instellings die werklike toets van die voorsitterskap vorm.


Ter illustrasie. FOTO: UNDP
Ter illustrasie. FOTO: UNDP


Comments


bottom of page