top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa verskyn nie voor die Nasionale Raad van Provinsies nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
19 hours ago
1 min read

President Cyril Ramaphosa sal nie meer Donderdag voor die Nasionale Raad van Provinsies verskyn om vrae te beantwoord nie.


Die voorsitter, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê sy het 'n verskoning van die president ontvang waarin hy aandui dat hy nie die vraag-en-antwoord-sessie kan bywoon nie. Die sessie is intussen verskuif na 24 November.


Ramaphosa sou na verwagting terugvoering gegee het oor Suid-Afrika se gesprekke rakende die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) waar Suid-Afrika sy handelsvoordele verloor het.


SABC-nuus berig die president sal in sy hoedanigheid as leier van die ANC Donderdag sy party se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Brakpan bywoon. Die NUK is van plan om die party se vertoning in die afgelope verkiesing te bespreek asook koalisie moontlikhede.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Wikipedia

 
 
 

Comments


bottom of page