top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa wil die Phala Phala-verslag tersyde te laat stel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 52 minutes ago
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om die omstrede Phala Phala-verslag tersyde te laat stel.


Nuus in Afrikaans berig volgens hofstukke vra Ramaphosa dat die bevindings van die onafhanklike paneel hersien word.


Die paneel, onder leiding van die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo, het vroeër bevind daar is prima facie-getuienis dat Ramaphosa moontlik die grondwet oortree het.


Die president voer egter aan dat die paneel sy mandaat verkeerd geïnterpreteer het en op hoorsê-getuienis staatgemaak het.


Ramaphosa beweer ook dat voormalige spioenasiehoof Arthur Fraser moontlik sekere dokumente en klankmateriaal onwettig bekom het.


Die hofsaak volg nadat die Konstitusionele Hof vroeër beslis het dat die Nasionale Vergadering onwettig opgetree het toe hulle teen die aanvaarding van die verslag gestem het.


Ter illustrsie. FOTO: The Guardian
Ter illustrsie. FOTO: The Guardian

 
 
 

Comments


bottom of page