top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Roodt waarsku dat die EFF se voorgestelde toelae die staatskas kan knak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
3 days ago
1 min read

Die ekonoom Dawie Roodt sê ’n voorstel om maatskaplike toelaes tot minstens R4000 per maand te verhoog, sal onbekostigbaar vir Suid-Afrika wees.


Die leier van die EFF se leier, Julius Malema, het gevra dat Suid-Afrika se maatskaplike toelaes verhoog word tot minstens R4400 per maand as deel van ’n voorgestelde basiese inkomstetoelae.


Roodt sê die land se belastingbasis is te klein om die koste van so ’n stelsel te dra.


Hy skat dat dit sowat R36,1-miljard per maand, of R433-miljard per jaar, sal kos om die voorgestelde bedrag aan 8,2-miljoen ontvangers van die Maatskaplike Verligting van Nood-toelae te betaal.


Roodt sê hierdie las sal besonder moeilik wees om te dra, gegewe Suid-Afrika se swak ekonomie en relatief klein aantal belastingbetalers.


Dawie Roodt. FOTO: Facebook
Dawie Roodt. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page