top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rotavirusgevalle neem toe

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 1
1 min read

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes waarsku dat Suid-Afrika ’n toename in rotavirusgevalle ervaar.


Die jaarlikse rotavirusseisoen in die land vind gewoonlik tussen Julie en Augustus plaas en kan tot in September voortduur.


Rotavirus is ’n algemene diarree-infeksie by kinders, met simptome wat braking, waterige diarree, koors en lusteloosheid insluit.


Volgens die instituut is een sterfgeval tot dusver aangemeld.


Die instituut doen ’n beroep op ouers om kinders jonger as vyf jaar te laat inent en mediese hulp te kry indien hulle ernstige dehidrasie ervaar.


Ter illustrasie. FOTO: NICD
Ter illustrasie. FOTO: NICD

 
 
 

Comments


bottom of page