top of page

RUGBY: Antoine Dupont sal weer Frankryk in Sesnasies-reeks lei

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 30
  • 1 min read

Antoine Dupont is weer aangewys as kaptein van Frankryk se nasionale Rugbyspan vir die komende Sesnasies-reeks. Die 28-jarige skrumskakel het die 2024 toernooi misgeloop om te fokus op sewesrugby voor die Olimpiese Spele in Parys waar hy Frankryk gehelp tot ‘n goue medalje by die Spele en was ook aangewys as Wêreldrugby se Mans Sewes Rugbyspeler verlede jaar. Romain Ntamack sal Dupont se skakelmaat wees  en keer terug na ‘n ernstige knie besering. Frankryk verwelkom Wallis Vrydagaand om 21:45 (SA Tyd) op Stade de France.

 
 
 

Comments


bottom of page