top of page

RUGBY: Arendse groet Bulle vir Japan

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 9, 2024
  • 1 min read

Die Springbok-vleuel Kurt-Lee Arendse gaan die Bulle vir vier maande verlaat om sy rugby in Japan te speel. Dit is Dinsdag aangekondig dat diè 28-jarige ‘n kontrak met die Sagamihara Dynaboars gesluit het. Arendse sal dus meeding in die vierde seisoen van Japan Rugby se eerste liga wat in Desember afskop en volgens diè spoedvraat gaan die spel in Japan hom perfek pas en ‘n beter speler van hom maak. Die Cheetahs is ook Woensdagaand in aksie in die laaste wedstryd van die Toyota Uitdaagreeks waar hulle teen die Opkomende Iere sal uitdraf. Die afskoptyd is 19:00 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

 
 
 

Comments


bottom of page