top of page

RUGBY: Bok-beseringlys vergroot voor die tweede ontmoeting teen die Wallabies in Kaapstad

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 19, 2025
  • 1 min read

Terwyl die Bokke nog hul wonde lek na Saterdag se skok-nederlaag teen die Wallabies het die beseringspook ook sy gesig kom wys. Die kaptein Siya Kolisi sal vier weke op die kantlyn deurbring weens ’n knieligamant wat geskeur is met die kapteinskap deur Jesse Kriel oorgeneem sal word. Afrigter Rassie Erasmus sal ook sonder die dienste van Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe moet klaarkom. Du Toit  is die week uit weens harsingskudding, Arendse worstel nou ook met ’n kniebesering terwyl ’n enkelbesering vir Van Der Merwe gaan laat toeskouer speel. Die Springbokke se regruk-plan skop Saterdagmiddag om 17:10 in die DHL Stadion in Kaasptad af.

 
 
 

Comments


bottom of page