RUGBY: Bokke klop Azzurri maar sal moet opskerp vir 2de toets in Gqeberha
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7
- 1 min read
Alhoewel die Bokke die Azzurri met 42 – 24 in hul eerste internasionale wedstryd van die seisoen geklop het sal die Wêreldbeker-kampioen moet opskerp vir hul tweede kragmeting eerskomende Saterdag in Gqeberha. Die Groen en Goud het die eerste helfte oorheers maar in die laaste 40 het die spelpatroon ietwat uitgerafel wat deur die afrigter Rassie Erasmus reggestel sal word. Suid-Afrika kan oor die algemeen tevrede voel met hul spel wat ’n skitter vertoning ingesluit deur die Speler-van-die-Wedstryd Mornè “Krappies” van den Berg met sy twee drieë. In die voorwedstryd het Kanada se vrouespan wat nommer twee in die wêreld is Suid-Afrika met 50 – 20 pakslae gegee. Die Kanadese het agt drieë gedruk terwyl die tuisspan net drie keer die doellyn kon oorkruis. *Die Junior Bokke het met ’n briljante spanpoging die verdedigende kampioen Engeland in die o.20 Wêreldtoernooi met 32 – 22 omgedop. Engeland het vroeg voorgeloop maar ’n strafskop vroeg in die tweede helfte deur Vusi Moyo het sake gelyk getrek. Die einste Moyo het kort daarna met ’n reuse strafskop van 56 m geslaag wat die momentum terug in Suid-Afrika se guns geswaai het. Die Junior Bokke se laaste groepwedstryd is teen Skotland wat Woensdag beslis word.





Comments