top of page

RUGBY: Bokke oorgehaal vir 'eindstryd' teen Argentinië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 17, 2024
  • 1 min read

Die Springbokke het Maandag hulle voorbereiding vir hulle voorlaaste Rugbykampioenskap toets hervat na hulle laat Saterdagaand in Argentinië gearriveer het. Volgens die veelsydige voorspeler Ben-Jason Dixon betree hulle die week se voorbereiding asof hulle ‘n eindstryd gaan speel. Die Springbokke het ‘n agt punt voorsprong oor die Argentyne op die Rugbykampioenskap punteleer met twee toetse teen die nasie op die kaarte. ‘n Wen oor Los Pumas in Santiago del Estero Saterdagaand sal sien dat die Springbokke as die Rugbykampioenskap kampioene vir die eerste keer sedert 2019 gekroon word.

 
 
 

Comments


bottom of page