RUGBY: Bokke vs. Azzurri op Loftus in eerste toets
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 4
- 1 min read
Die Springbokke het ’n groot taak op hande wanneer hulle Italië in die eerste toets op Loftus Versfeld gaan aandurf maar die uitgeslape afrigter Rassie Erasmus het ‘n goed gebalanseeerde span gekies wat die Azzurri die stryd voor-en agterlangs gaan aansê. Damian Williemse draf uit op heelagter met Kurt-Lee Arendse en Cheslin Kolbe wat op die kante diens gaan doen. Die ervare senter kombinasie sluit die kaptein Jesse Kriel en Damian de Allende in wat die middelveld patrolleer terwyl Handre Pollard ’n welkome terugkeer maak in die nommer 10 trui met Morne van den Berg wat sy skakelmaat sal wees. Ox Nche, Malcolm Marx en Wilco Louw sal in die enjinkamer werk met Eben Etzebeth en Lood de Jager wat sak as die slotpaar. Marco van Staden , die debutant Vincent Tshituka en Jasper Wiese is die taak opgelê om balbesit by die afbreekpunte te verseker. Die plaasvervangersbank bestaan uit Bongi Mbonambi, Jan-Hendrik Wessels, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Kwagga Smith, Faf de Klerk en Willie le Roux. Die twee spanne het reeds 16 keer teen mekaar gespeel waarvan die Bokke 15 gewen het. Die Wêreldkampioen het 102 drieë teen die Italianers gedruk en slegs 16 afgestaan met ’n rekord wentelling van 101 – 0 op 19 Junie 1999 in Durban. Afskoptyd op Loftus Versveld is 17:10. *Die Cheetahs vat die Griekwas Vrydagmiddag aan in Bulftonftein in ’n opwarmingswedstryd voor die nuwe Curriebeker-seisoen wegtrek. Die wedstryd op Carpe Diem Park skop om 13:00 af.





Comments