top of page

RUGBY: Borthwick wil Stormers afrigter by Engeland betrek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16, 2024
  • 1 min read

Die afrigter van Engeland se rugbyspan, Steve Borthwick, het glo sy visier op die Stormers se hulpafrigter, Norman Laker.

Borthwick is op soek na ‘n nuwe verdedigingsafrigter na Felix Jones onverwags die groep verlaat het omdat hy ongelukkig was oor die beweerde onstabiele werksomstandighede.

Volgens die Rapport, verskyn Laker se naam op die kortlys van kandidate.

Laker is tans die Stormers se verdedigingsafrigter.

 
 
 

Comments


bottom of page