RUGBY: Botha & Habana haal ‘Droomspan’
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 18, 2025
- 1 min read
Die Bok-legendes Bryan Habana en Bakkies Botha het ‘n “Droomspan” na 30 seisoene van die Europese Kampioenebeker-reeks gehaal. Ondersteuners van oor die wêreld kon vir diè span stem. Diè reeks het in die 95-96’ seisoen afgeskop waar Toulouse die eerste titel gewen het. Daarna het diè Franse span weer van 2012 tot 2015 koning gekraai waar Habana se bydrae in die 2014-15’ seisoen nog ’n rede vir hul suksesverhaal was terwyl Botha se heldedade vir die Red and Blacks van hom ’n outomatiese keuse op slot gemaak het. Die Kampioenebeker-droomspan is: Rob Kearney, Bryan Habana, Doug Howlett, Yannick Jauzion, Brian O’Driscoll, Jonny Wilkinson, Antoine Dupont, Gregory Alldritt, Josh van der Flier, Thierry Dusautoir, Bakkies Botha, Paul O’Connell, Tadhg Furlong, Keith Wood en Cian Healy.






Comments