top of page

RUGBY: Bulle maak verandering vir VRK-eindstryd

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 13
  • 1 min read

Die Bulle het slegs een gedwonge verandering aan hul groep voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster aangebring. Met Cameron Hanekom wat weens ‘n besering nie beskikbaar is nie sal Marco “Eskom” van Staden in die begin vyftien-tal inskuif. Marcell Coetzee sal op nommer agt uitdraf terwyl Nizaam Carr by die plaasvervangersbank aansluit. In die agterlyn sal die Bulle op die ervaring van Willie le Roux en Johan Goosen steun terwyl die Speler van die Wedstryd laas naweek Sebastian de Klerk sy veelsydigheid op vleuel ten toon gaan stel. Die wedstryd skop Saterdagaand om 18:00 (SA Tyd) op Croke Park in Dublin af en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

 
 
 

Comments


bottom of page