RUGBY: Bulle-spanbekendmaking lyk belowend
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 9
- 1 min read
Die Bulle het hulle Kampioenebeker-span aangepas voor môre se móét-wen-kragmeting teen Bristol Bears, nadat Springbok-ster Canan Moodie ingevolge harsingskuddingprotokolle uitgesluit is.
Afrigter Johan Ackermann het sy middelveld herskik en Harold Vorster saam met David Kriel ingespan om Moodie se krag en kreatiwiteit te vervang.
Embrose Papier behou die skrumskakeltrui saam met Handré Pollard, terwyl Ruan Nortje ’n span aanvoer wat tien Springbokke insluit.
Die Bulle het nog nie ’n oorwinning in die poel behaal nie en benodig ’n sterk vertoning op Loftus Versfeld om hul uitspeelkanse lewend te hou.
Bristol arriveer onoorwonne in die kompetisie, wat die kragmeting ’n taai toets vir die Pretoriase span maak.







Comments