RUGBY: Cheetahs kan moontlik terugkeer na Super Rugby
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 1, 2024
- 1 min read
Die Cheetahs se soektog na ‘n tuiste in ‘n professionele klub kompetisie duur voort, met die antwoord wat moontlik by Super Rugby lê. Volgens die Cheetahs se Direkteur van Rugby, Frans Steyn, het gesprekke oor ‘n terugkeer na die kompetisie reeds plaasgevind en dat dit moontlik eers in 2026 sal gebeur. Die enigste gevestigde toernooi wat die Vrystaters in meeding is die Europese Uitdaagbeker-reeks, maar volgens Steyn het hulle iets meer konkreets nodig. Die Cheetahs sal intussen gasheer speel vir die Western Force, die Griffons en ‘n opkomende Ierland-span in die Toyota-uitdaagreeks. Die eerste wedstryd sal Woensdagaand in Bloemfontein beslis word.






Comments