RUGBY: Cheetahs klop Griffons in 2de wedstryd van Toyota Uitdaagreeks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 7, 2024
- 1 min read
Die Cheetahs het die Griffons gistermiddag met 45 – 21 geklop en ook hul eerste oorwinning in die Toyota Uitdaagreeks behaal. Die tuisspan het sewe keer gaan druk terwyl die manne uit Welkom met drie 5-punters kon terugantwoord. Die Cheetahs durf die Opkomende Iere eerskomende Woensdagaand om 19:00 weer aan in Bloemfontein. *In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks het die Stormers vir Zebre met 36 – 5 oorrompel en die Haaie het die Dragons se aanslag met 33 – 30 gestuit terwyl die Bulle vir Ulster met 47 – 21 geroskam het en die Leeus met 55 – 21 tande gewys het teen Edinburgh.






Comments