RUGBY: Cheetahs reserwes blink uit in oefensessie teen Griffons
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 19
- 1 min read
Intussen het ’n paar spelers wat nie gereeld vir die Vrystaat Cheetahs uitdraf nie, Woensdag uitgeblink in ’n oefensessie teen die Griffons in Bloemfontein.
Volgens Netwerk24 het die Griffons ingestem om as teenstanders op te tree nadat die Cheetahs se beplande oefenwedstryd teen die Oostelike Provinsie vroeër die week gekanselleer is.
Die Vrystaters het na drie helftes met 69-14 geseëvier en altesaam 11 drieë gedruk.
Spelers soos Jooste Nel, Christiaan van der Westhuizen, Banie Britz en Ramon Uys was onder die uitblinkers en het druk op die gevestigde spelers in hul onderskeie posisies geplaas.








Comments