RUGBY: Cheetahs verloor uitvoerende hoof Rory Duncan aan die Haaie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 19
- 1 min read
Die Vrystaat Cheetahs het ’n onverwagse terugslag gekry nadat hul uitvoerende hoof, Rory Duncan, deur die Hollywoodbets Sharks in hul topbestuur aangestel is.
Volgens Netwerk24 is sy aanstelling Woensdag in ’n nuusverklaring bevestig as deel van wyer veranderinge aan die Haaie se bestuur en hoëprestasiestrukture.
Duncan, wat sedert 3 Februarie 2025, die Cheetahs se uitvoerende hoof was, het bestendigheid en kalm leierskap aan die Bloemfonteinse unie gebring.
Die 48-jarige voormalige Cheetah-slot het ook waardevolle ervaring opgedoen by onder meer Worcester Warriors en Docomo Red Hurricanes.
Hy sal na verwagting in Junie as die Haaie se hoof van personeel aansluit en saam met uitvoerende hoof Shaun Bryans werk.
Intussen sal Dave Williams die nuwe rol as hoofbestuurder by die Cheetahs vervul.








Comments