RUGBY: Die 2025 Curriebeker-seisoen gaan die naweek vir groot vuurwerke sorg
- Armando Pieters

- Jul 25
- 1 min read
Die 2025 Carling Curriebeker skop hierdie naweek af met die Valke en Griffons wat Saterdag in Kempton Park om die Eerste Divisie-titel gaan meeding. Vrydagaand begin die Premier-liga met die kragmeting tussen die Pumas en Griekwas in Neslpruit. Saterdag sal die Haaie teen die Leeus uitdraf in Johannesburg gevolg deur ‘n Noord-Suid-derby tussen die Westelike Provinsie en die Bulle in Kaapstad. *Sondag sluit die eerste ronde af wanneer die debutant Boland Kavaliers die Toyota Cheetahs in Wellington gaan aandurf. Hencus van Wyk, Marko Janse van Rensburg en Frankie Dos Reis anker die Cheetah skrum terwyl Pieter Janse van Vuren kaptein Victor Sekekete in die tweede ry gaan sak. Gideon van der Merwe, Pierre-Raymond Uys en Neels Volschenk gaan besit by die afbreekpunte probeer verseker. Rewan Kruger en Ethan Wentzel is die skakelpaar terwyl Ali Mgijima en Marco Jansen van Vuren op 12 en 13 gaan uitdraf. Banie Britz, Ntokoza Makhaza en Cohen Jasper sal die agterste driehoek vorm. Dié kragmeting skop 15:00 af en word regstreeks uitgesaai op SuperSport Rugby 211.





Comments