top of page

RUGBY: Die All Blacks spring ook nie die beseringspook teen die Pumas vry nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 19
  • 1 min read

Die nuwe wêreld nommer een span Nieu-Seeland worstel ook met beserings voor eerskomende Saterdag se stryd teen Argentinië in Buenos Aires. Die All Blacks se ysterslot Patrick Tuipulotu sal moontlik tot ses weke uit wees nadat hy ‘n gesigfraktuur teen die Los Pumas Saterdag opgedoen het wat hom na alle waarskynlikhed buite aksie sal  laat vir die res van die Rugbykampioenskap. Die Waikato Chiefs senter Anton Lienert-Brown gaan ook huis toe nadat hy nie sy harsingskuddingprotokolle kon slaag nie terwyl Wallace Sititi en Tamaiti Williams na verwagting hul terugkeer sal maak. Diè wedstryd skop Saterdagaand om 23:10 (SA Tyd) af.

 
 
 

Comments


bottom of page