RUGBY: Die Bok-masjien maak gereed vir ’n groot aanslag vanaf die Wallabies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 15, 2025
- 1 min read
Alhoewel kenners voorspel dat die Wallabies geen kans staan om die Springbokke Saterdag in Johannesburg te klop nie het afrigter Rassie Erasmus sy groot kanonne ingespan om die Goue Truie aan te vat. Aphelele Fassi, Edwill van der Merwe en Kurt-Lee Arendse vorm die agterste driehoek terwyl Jesse Kriel en Andre Esterhuizen die Wallabies se aanvalslyne in die middelveld gaan moet hokslaan. Manie Libbok en Grant Williams dra onderskeidelik die nommer tien en nege trui. Kaptein Siya Kolisi draf vir die eerste keer op agsteman uit met Pieter-Steph du Toit en Marco van Staden as sy adjudante wat om balbesit by die afbreekpunte gaan stoei. Lood de Jager en Eben Etzebeth is die slotkombinasie terwyl Wilco Louw , Malcolm Marx en Ox Nche die skrum gaan anker. Uit hul 95 vorige ontmoetings het die Bokke 52 gewen, 40 verloor en drie was gelykop. Die Wêreldkampioen se grootste oorwinning oor die Wallabies was op die einste Ellispark in 2008 toe hulle met 53 – 8 koning gekraai het. Die afskoptyd is 17:10






Comments