RUGBY: Die Bokke behaal hul 12de agtereenvolgende oorwinning
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 9
- 1 min read
Die Springbokke het hul twaalfde agtereenvolgende oorwinning behaal nadat hulle Argentinië in Buenos Aires met 17-10 geklop het.
Volgens SA Rugby se webtuiste het die Bokke rustyd met 10-10 gelykop gestaan nadat Edwill van der Merwe ’n drie gedruk het. Sacha Feinberg-Mngomezulu het ook ’n strafdoel en doelskop bygedra.
Cameron Hanekom het in die tweede helfte die deurslag gegee met sy eerste toetsdrie, nadat die Bokke se sterk skrumwerk die Pumas onder druk geplaas het.
Die tuisspan het tot die laaste oomblik geveg en die Bokke moes diep in hul eie 22-metergebied verdedig om die oorwinning te verseker.
Siya Kolisi het die veld in die eerste helfte met ’n oënskynlike dyspierbesering verlaat.







Comments