top of page

RUGBY: Die Bokke is oorgehaal om sake teen die Wallabies in die Kaapstad 'reg te stel'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 22, 2025
  • 1 min read

Die Bokke se hoofafrigter Rassie Erasmus het gesnipper aan sy begin XV-tal en tien nuwe spelers ingespan vir die Wallaby-stryd in Kaapstad. Aphelele Fassi is ’n laat insluting en vervang Willie le Roux op heelagter wat ’n besering vroeër in ’n oefensessie opgedoen het terwyl Canan Moodie en Cheslin Kolbe op die punte diens gaan doen. Damian de Allende en die nuwe kaptein Jesse Kriel is die senterkombinasie terwyl Handrè Pollard die belangrike nommer 10 trui aantrek en saam met die skrumskakel Grant Williams hul span op die voorvoet gaan moet hou. Jean-Luc du Preez, Franco Mostert en Marco van Staden is die splinternuwe lostrio terwyl Ruan Nortjé en RG Snyman die lynstaanspringers is. In die voorry sak Thomas du Toit aan die vaskopkant saam met Malcolm Marx en Ox Nché. Die “Bomb Squad”  is ’n 6/2 verdeling met Marnus van der Merwe, Boan Venter, Wilco Louw, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Kwagga Smith terwyl Cobus Reinach en Sacha Feinberg-Mngomezulu in die agterlyn bystand sal verleen.

 
 
 

Comments


bottom of page