top of page

RUGBY: Die Bokke wen in Kaapstad maar harde werk lê voor vir Rassie & Kie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25, 2025
  • 1 min read

Nadat die Wallabies die Wêreldkampioen verlede naweek in Johannesburg geskok het was die Kaap weer Hollands nadat die Springbokke die bordjies met 30 - 22 verhang het. Die drieë-telling was gelykop met drie elk maar dit was Handrè Pollard se skopskoen wat uiteindelik die oorwinning verseël het waar hy in die kol was met 6 / 6 na die pale. Australië het verskeie geleenthede gehad om die drie punte te neem maar dit van die hand gewys en alhoewel dit nie een van die Wêreldkampioen se beste oorwinnings was nie sal Bok-ondersteuners wel oor een ding saamstem: ’n wen oor Australië is enige dag van die week meer as welkom. Die Bokke sal egter die basiese dinge soos hanteerwerk, verdediging en die strafskop-telling teen hulle moet minimaliseer wanneer hulle op 6 September teen die All Blacks op Eden Park in Auckland gaan uitdraf. Die Swart Truie sal ook weer op die wenpad wil kom nadat Argentinië hulle in Buenos Aires met 29 – 23 verras het nadat die Nieu-Seelanders die Los Pumas  geroskam het verlede naweek.

 
 
 

Comments


bottom of page