RUGBY: Die Bulls oorheers die Lions alhoewel hulle sleutelspelers verloor het
- Armando Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Na weke van verlore wedstryde wat die Bulls moes wen, het hulle teen die Lions gewen, al het hulle twee sleutelspelers weens ernstige beserings verloor. Die Bulls wen die wedstryd met 37 punte teenoor die Lions se 22. Netwerk24 berig dat die Bulls in die eerste 25 minute die Lions oorheers het, maar nie hul kanse benut het nie. Ondanks die beserings het die Bulls volhard en 'n bonuspunt-wen behaal. Die direkteur van die Bulls se rugby, Jake White, is trots op die span se karakter en volharding in die lig van die uitdagings.





Comments