RUGBY: Die Cheetahs gaan tande wys vir die Griekwas in Vrydag se sesde ronde Curriebeker-wedstryd in die Toyota Stadion
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 28, 2025
- 1 min read
Die Cheetahs gaan tande wys vir die Griekwas in hulle sesde ronde Curriebeker-wedstryd wat Vrydagmiddag in die Toyota Stadion beslis gaan word. Die hekke maak reeds 14:00 oop waarna tussen Fichardtpark en Voortrekker om 14:45 gaan meeding in die o.14 Shimla Jeug-liga eindstryd. Die hoofafrigter Frans Steyn het ‘n paar veranderinge aangebring aan die span wat die Leeus verlede week geklop het. Hencus van Wyk en Cameron Dawson ruil plekke terwyl John-Kelly Okonkwo sy debuut maak op nommer drie maak. Carel-Jan Coetzee sal binnesenter speel met Marco Janse van Vuren op nommer 13. Victor Sekekete wat in sy 100ste wedstryd speel sal die span aanvoer. Die skeidsregter is Christopher Allison en hy sal bygestaan word deur Hanru van Rooyen en Hernus Coetzee. Die TV-skeidsregter is Egon Seconds. Die tweestryd skop 17:00 af en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.






Comments