RUGBY: Die Cheetahs se semi-kanse hang aan Loftus-stryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 5, 2025
- 1 min read
Die Cheetahs besoek môre die Bulle op Loftus in die laaste Curriebeker-ronde. Hulle hoop dat die Haaie die Pumas vandag klop, anders sal dit ’n wen-of-verloor-wedstryd wees om hul plek in die top vier te verseker. Die span van Bloemfontein se semi-finaal-drome kan in gedrang kom as hulle nie wen nie. Die Bulle, wat sesde is, het verskeie Rugbywêreldbeker-swaargewigte vir die wedstryd ingespan.






Comments