RUGBY: Die Cheetahs skraap deur teen die Sharks in ronde nommer drie van die Curriebeker-toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11
- 1 min read
Die Cheetahs het ’n begeesterde aanslag van die verdedigende kampioen die Sharks in die Sugar Ray Xulu stadion in Clermont, Durban afgeweer om uiteindelik die septer naelskraaps met 7 – 5 te kon swaai. Die besoekers het na 14 minute eerste punte aangeteken met ’n drie deur Neels Volschenk wat Ntokozo Makhaza verdoel het en in die 65ste minuut het Phatu Ganyane oorgeval vir sy span se enigste punte. Die Pumas het in Pretoria die Bulle stukkend gespeel en ses drieë ingeryg in ’n wentotaal van 41 – 7 terwyl die Westelike Provinsie se treurmare voortduur toe die Griekwas hulle in Kimberley met 47 – 17 oorrompel het. Die Boland Kavaliers wat die nuweling in vanjaar se reeks is het op hul tuisveld in Wellington die gevaarlike Leeus verras en die Rooibontes met 29 - 10 in hul spore gestuit.





Comments